BEMIDDELING MEDIASIE

Bemiddeling & mediasie is dieselfde ding

Dit is NIE dieselfde as arbitrasie nie!

Is jy bankrot betaal aan hofkostes?

Wag jy al maande en jare op ‘n verhoordatum?

Is jou onderhandelings op ‘n dooiepunt?

Word jou vertroulike sake in die hof ontbloot?

Word jou egskeidings se afhandeling vertraag?

Is jy ontnugter met die regsproses?

LEES VERDER – ONS KAN JOU HELP!

Wat is Mediasie en Bemiddeling?

Dit is ‘n proses waar partye vrywillig, met behulp van ‘n onafhanklike mediator  (bemiddelaar), ‘n konflik hanteer, ‘n dispuut of dooiepunt d.m.v. onderhandelings oplos.

Die proses is vertroulik en wat tydens mediasie gesê word mag nie later teen ‘n party gebruik word nie.

Enige party kan op enige stadium van die proses wegstap sonder om sy saak te benadeel.

For English see Mediation SA for conflict resolution

Hoekom is Bemiddeling beter as hofsake?

Kan vinniger gereël word.

Kan in ‘n kort tyd afgehandel word.

Kos baie minder as hofsake. 

Partye bepaal self ‘n oplossing waarmee hul kan saamleef.

Verhoudings, wat gebroke is, kan weer herstel.

Kan Bemiddeling jou help?

Bemiddeling kan help by enige vorm van onderhandeling om byvoorbeeld:

 

= ‘n kontrak te sluit

= ‘n dooiepunt op te los

= ongemaklike punte uit te sorteer

 

By dispute of eise:

= by voertuigbotsings

= tussen lede van sportklubs

= tussen ‘n kerk se lidmate of kerkraad

= tussen bure 

= tussen beheerliggame en kompleks-inwoners

= tussen partye betrokke in siviele litigasie

Meer as 25 jaar se ervaring en kennis.

Bemiddeling wil jy bemiddelaar word

Wil jy 'n Bemiddelaar word?

Kontak ons om uit te vind hoe om as mediator te kwalifiseer.

Bemiddeling Konflik oplossing

Maak hofsake jou bankrot?

Kontak ons vandag vir 'n kwotasie vir mediasie / bemiddeling sonder enige verpligting.

Kontak ons vir 'n kwotasie vandag en besluit self of Bemiddeling 'n beter opsie vir u is!